Bíblia On Line - Informação bíblica de confiança
Bíblia OnLine
Nova Pesquisa         Todo o Livro         Todo o Capítulo

   Versão: Afrikaanse: Afrikaans (1953)
 
Filipenses 2:1 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,    
Filipenses 2:2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.    
Filipenses 2:3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.    
Filipenses 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.    
Filipenses 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.    


Veja também: CvvNet



Página anterior    [ 1 ]    Última página