Bíblia OnLine

Nova Pesquisa         Todo o Livro         Todo o Capítulo

   Versão: Afrikaanse: Afrikaans (1953)
 
Gênesis 3:15En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.    
Gênesis 3:16Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.    
Gênesis 3:17En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie--vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.    
Gênesis 3:18Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.    
Gênesis 3:19In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.    
Gênesis 3:20En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.    
Gênesis 3:21En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.    
Gênesis 3:22Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!    
Gênesis 3:23Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.    
Gênesis 3:24So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.    

   
Veja também: CvvNet



Página anterior    [ 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 ]    Última página