Bíblia OnLine

Nova Pesquisa         Todo o Livro         Todo o Capítulo

   Versão: Afrikaanse: Afrikaans (1953)
 
Gênesis 1:11En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so.    
Gênesis 1:12Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.    
Gênesis 1:13En dit was aand en dit was môre, die derde dag.    
Gênesis 1:14En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.    
Gênesis 1:15Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.    
Gênesis 1:16God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.    
Gênesis 1:17En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde    
Gênesis 1:18en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.    
Gênesis 1:19En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.    
Gênesis 1:20En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.    

   
Veja também: CvvNet



Página anterior    [ 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 ]    Última página